Reddersburg trip (May 2012)

REDDERSBURG TRIP

Ons het mekaar by die Casino Total garage gekry vir die trip. Daar was ‘n totaal van 8 fietse wat saam weg getrek het. Die 8 was, Maarten, Andre, Sandra, Ettienne, Ernie, Judy, Marcel en Quintin. Laas genoemde was aangewys as Road Captain en Andre was Sweeper. Dit was ‘n rustige ride tot in Reddersburg  waar ons by die Sarie Marais Hotel ‘in gebook’ het.

Eerste dop was skaars klaar toe join Andri, Ryno en Kevin ons by die hotel. Het verder lekker gekuier, gesels en gelag. Het bietjie skole rugby gekyk by die bar en ons middag ete bestellings geplaas.

Hierna het die probleem vanaf die kombuis begin. Die lede wat steak bestel het wat die meeste van ons was, het dit gladnie gekry soos gevra nie bv: ‘n ‘medium’ en pretty much enige ander manier het ‘well done to fucked up’ daar aangekom. Ander se orders was ‘vergeet’ deur die kombuis en hulle het redelik later as die res klaar gemaak. Daar het ons ook gesien dat Andri se Vienna en chips ‘n uur gevat het om klaar te kom,haha. Maar nie te min was almal se magies vol en ons is toe terug Bloem toe.

Die ride terug was ook heel rustig en ons het so paar ‘speed freaks’ gehaad wat voor uit gejaag het. Almal het veilig by Brothers aangekom en daar het ons paar loop sope gevat, lekker gesels en gelag.

Het mekaar daar gegroet en elkeen is in sy eie rigting in.

Overall was dit ‘n baie lekker en suksesvolle trip gewees. Kan gerus weer so maak.

Tot volgende keer.

Keep your wings in the wind STEELWINGS.

One Response to “Reddersburg trip (May 2012)”

  1. elprsidente Says:

    foto”s road captain foto”s!!!!

Leave a comment